1 2 3 4

Tuesday 20 October 2015

Jou klerekas








Jou klerekas


Lees – Lukas 12:22-34


Die lewe is tog belangriker as kos en die liggaam as klere.  As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges!  - Luk. 12:23, 28


Jy wil graag mooi en volgens die mode aantrek, maar ongelukkig laat jou beursie dit nie toe nie.  Maar daar is tog maniere waarop jy altyd pragtig kan lyk sonder om die wêreld se geld aan klere te spandeer.


Beplan jou klerekas deeglik.  ‘n Paar kledingstukke van ‘n goeie kwaliteit wat jy kan meng en pas, sal jou baie verder bring as ‘n hele kas vol klere wat nie bymekaar pas nie.  Sorg dat jy ‘n klassieke romp, baadjie en langbroek het, dan kan jy na hartelus hemde koop wat daarby pas.  Twee denims, een of twee wit hemde, ‘n vrolike bont rok, asook ‘n mini en ‘n kortbroek of twee hoort in elke tiener se kas.


Moenie net agter die mode aan koop nie – dalk sal jy volgende jaar nie aan daardie klere wil raak nie.  Koop tydlose klere, klere waarin jy gemaklik sal voel en wat “jy” is.  Jou innerlike is in elk geval vir die Here baie belangriker as die klere wat jy dra.


Here, dit is vir my so lekker om mooi en modern aan te trek.  Help my om my klere reg te kies en my klerekas slim te beplan.  Dankie dat ek weet dat U vir my sorg.


*Klere mag nooit vir my té belangrik word nie.*




Nina Smit  :  Dagboek vir Dogters


  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!


(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)









Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment