1 2 3 4

Wednesday 25 November 2015

Die eksamen is verby – aan Pappa God kom al die eer toe! ღ†ღ









Die eksamen is verby – aan Pappa God kom al die eer toe!  


Lees Psalm 66


Kom luister, alle dienaars van God, ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het ... God hét my gebed verhoor!  Die lof kom God toe.  -  PS 66:16, 19-20


In Psalm 66 bring die psalmdigter aan God die eer vir wat Hy vir hom gedoen het en vertel vir die mense hoe God sy gebede verhoor het.


Vandag kan jy dieselfde doen omdat al jou naelskouery toe pure verniet was.  Dit het gladnie so sleg gegaam met die eksamen nie, ook nie met daardie vakke wat jy nie lekker geskryf het nie.  Gerhard Beukes het iets baie waars in sy boek Ek glo  geskryf:  “Ek glo ons swaarste las is die vrees vir dinge wat nooit gebeur nie.  Daarom het ons almal al so duur betaal vir kiste vol sorge wat nooit by ons afgelaai is nie.”


Die eksamen is verby en nou moet jy onthou om vir Gód dankie te sê.  Dit was wat élke dag aan jou sy was, van wie jy krag en kalmte gekry het.  Die eer vir jou sukses kom Hom toe.  Vertel vir jou vriende wat God vir jou in die eksamen beteken het, hoe Hý jou gehelp en versterk het.


Jy kan gerus ook vir jou ouers en vriende ook ‘n dankie-sé brief skryf.  Hulle het mos élke dag hul duime vir jou vasgehou en vir jou gebid.



Here, ek wil U loof en eer omdat U só goed vir my was tydens die eksamen.  Báie dankie vir mense wat vir my duimvasgehou en gebid het.



 Die eer vir my uitslae kom Pappa God toe!  



~ Nina Smit ~



  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!





(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Share on Tumblr

1 comment:

  1. NEE NIE pAPPA GOD NIE, HY IS ONS HEMELSE VADER, THE GREAT I AM, DIE HEILIGE GOD VAN ABRAM ISAAC EN JACOB. PAPPA IS ONS AARDSE VADER SE NAAM! HY IS 'N HEILIGE GOD,VERLOSSER,REDDER EN GENESER! HY IS DIE LEEU VAN JUDA. HY IS DIE BEGIN EN DIE EINDE!JESUS IS SY NAAM!!!!!

    ReplyDelete