1 2 3 4

Tuesday, 27 October 2015

To look for something in the wrong place








Too look for something in the wrong place.



One of the saddest things is seeing how young people are looking for love in so many places, because they don’t receive any love at home.  The one sad reality of life is that all parents are not necessarily good parents.  The other reality is that all children deserve good parents.  This is the contradiction of life.  Maybe you are reading this devotion with an incredible thankfulness in your heart because you have parents who are geniunely good to you.  Parents who love you very, very much.  I am glad for you.  And of course, there is nothing stopping you from telling them how mch you appreciate them.


But somewhere there is someone who is reading this devotion and is feeling incredibly down.  Maybe you go through life broken, because your parents aren’t good parents.  What then?


Then, I think, the first thing to do is to admit to yourself that you need love.  And that you may search for love.  But (and this is written in red!)  don’t look for love in the wrong places.  First of all go the God for love.  Only wen you realise that God is not like your parents, but exactly the opposite, you can be healed.  Yes, for your deepest heart’s desires – acceptance, appreciation, love – come from God.  He will give them to you.




Ronell Bezuidenhoud  :  God in your life




  Wonderfully Made / Facebook




Share on Tumblr

Monday, 26 October 2015

God gee *alles*!








God gee *alles*!


Lees Romeine 8:31-35


Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red.  Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?  -  Romeine 8:32


Dit is nie maklik om ‘n ware kind van God te wees nie, want die Here vra dat jy jou hele lewe aan Hom moet oorgee.  Miskien is jy bang om so ‘n totale commitment so vroeg in jou lewe te maak.  Of dalk twyfel jy of jy dit ooit sal kan doen.  Gelukkig vra God nooit iets van ‘n mens wat jy nie vir Hom kan gee nie.  Inteendeel, Hy gee vir jou soveel méér as wat Hy van jou vra.  Hy gee sélfs die lewe van sy enigste Seun prys.  Hy laat Jesus ‘n wrede kruisdood sterf sodat jou sondeskuld betaal kan word.


God gee sy álles vir jou;  en omdat Hy sy Seun oorgelewer het sodat jy gered kon word, sal Hy ook vir jóú alle ander dinge uit genade skenk – só belowe vandag se teksvers vir jou.  Jesus het vir jou die reg verdien om God se kind te wees.  Al wat jy hoef te doen, is om God se genade-aanbod te aanvaar en Hom in jou lewe te nooi as jy dit nog nie gedoen het nie.


Moenie langer wag om jou lewe aan Hom oor te gee nie!


Hemelse Vader, baie dankie dat U alles vir my kom gee het.  Ek wil u genade-aanbod aanvaar – maak my bereid om van nou af voluit vir U te lewe.


*Iemand wat sy alles vir God gee, kry duisend maal meer terug.*




Nina Smit  :  Elke dag ‘n droom




  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)








Share on Tumblr

Saturday, 24 October 2015

Wat van grimering?








Wat van grimering?


Lees:  1 Petrus 3:3-6


Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie.  Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees:  blywende beskeidenheid en kalmte van gees.  -  1 Petrus 3:3-4


Gedurende ‘n mens se tienerjare begin jy eksperimenteer met grimering, nuwe haarstyle en juwele.  ‘n Tiksel grimering doen wondere vir jou selfvertroue.  Maskara kan die wêreld se verskil maak as jy ligte wimpers het, en blosser en ‘n sagte lipstif kan jou van ‘n ou valetjie in ‘n fraai meisie verander.


Daar is niks met grimering, ‘n moderne haarstyl of die dra van juwele verkeerd nie, net solank jy matigheid voor oë hou.  Dik aangeplakte grimering, gesofistikeerde haarstyle of swaar kostuumjuwele pas nie by ‘n vars, jong gesig  nie.  Hou jou grimering lig en natuurlik sodat jou vriende sal dink dat jy van nature so mooi is.  Dra liefs fyn, goue of silwer kettinkies, ringe of oorbelle.  Skoon, blink hare is ook veel mooier as die ingewikkeldste salonkapsel.


God wil hê dat jy pragtig moet wees, maar vir Hom is ‘n sagte en vriendelike geaardheid die kosbaarste versiersel.


Here, vergewe my dat ek so baie tyd bestee om myself uiterlik mooi te maak.  Maak my innerlik mooi.


*Die innerlike is vir God belangriker as die uiterlike.*




~ Nina Smit ~




  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

  


(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)






Share on Tumblr

Tuesday, 20 October 2015

God is met jou









GOD

is met jou,

so staan sterk!




Vreeslik_Wonderbaar





Share on Tumblr

Jesus is groter as my probleme







Jesus is

groter as 

my probleme.


Jongelinge vir Christus Bekiening





Share on Tumblr

Jou klerekas








Jou klerekas


Lees – Lukas 12:22-34


Die lewe is tog belangriker as kos en die liggaam as klere.  As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges!  - Luk. 12:23, 28


Jy wil graag mooi en volgens die mode aantrek, maar ongelukkig laat jou beursie dit nie toe nie.  Maar daar is tog maniere waarop jy altyd pragtig kan lyk sonder om die wêreld se geld aan klere te spandeer.


Beplan jou klerekas deeglik.  ‘n Paar kledingstukke van ‘n goeie kwaliteit wat jy kan meng en pas, sal jou baie verder bring as ‘n hele kas vol klere wat nie bymekaar pas nie.  Sorg dat jy ‘n klassieke romp, baadjie en langbroek het, dan kan jy na hartelus hemde koop wat daarby pas.  Twee denims, een of twee wit hemde, ‘n vrolike bont rok, asook ‘n mini en ‘n kortbroek of twee hoort in elke tiener se kas.


Moenie net agter die mode aan koop nie – dalk sal jy volgende jaar nie aan daardie klere wil raak nie.  Koop tydlose klere, klere waarin jy gemaklik sal voel en wat “jy” is.  Jou innerlike is in elk geval vir die Here baie belangriker as die klere wat jy dra.


Here, dit is vir my so lekker om mooi en modern aan te trek.  Help my om my klere reg te kies en my klerekas slim te beplan.  Dankie dat ek weet dat U vir my sorg.


*Klere mag nooit vir my té belangrik word nie.*




Nina Smit  :  Dagboek vir Dogters


  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!


(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)









Share on Tumblr

God’s telephone line is never engaged








God’s telephone line is never engaged



There is nothing that irritates me more than when I make a phone call and a corpse-like voice (usually female) tells me, “We are sorry, but at the moment all our lines are engaged ... you are caller number 54 ... please do not hang up ... your call is important to us ...”  And then a millisecond later, the same story all over again, “All our lines are engaged ... Blah, blah, blah.”


Prayer is not a phone call to heaven.  If it were, the line would have been engaged at times.  You could even call the wrong number sometimes.  And someone on the other side could have irritated you with, “Please hold, there are 54 other people who called before you.”


Prayer is also not those few seconds you close your eyes after you have read your Bible.  Prayer is a way of life.  It begins the moment you become aware of God.  It can happen in the middle of break.  You may surf a wave and be aware of God.  You may be putting suntan lotion on your body and be amazed by all those small hairs on your arms ... and be aware of God.  This is prayer.  But it is also seeing an accident scene on television news ... and being aware of God.  To have a crisis in your life ... and being aware of God.


Prayer is an awareness.  That God cares.  That he looks after you.  Prayer is believing that God will give you what you need.




Ronell Bezuidenhout  :  God in your life



  Wonderfully Made / Facebook



Share on Tumblr