1 2 3 4

Friday, 27 November 2015

Splinters in ander se oë









Here, 



Ek is so gou om die splinters 

in ander se oë raak te sien 

terwyl daar 'n balk in my eie oog is. 

Ek is jammer daaroor. 

Vergewe my. 



Amen

Share on Tumblr

Jy en jou rapport ....... ♡








Jy en jou rapport .......


Lees:  Matteus 25:14-30


Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ‘n ander twee, en vir ‘n derde een.  - Matt 25:15


Wanneer jy jou rapport uit daardie bruin koevert trek, klop jou hart mos met hamerslae.  Jy wonder of jou ouers tevrede gaan wees.  Jy hoop dat jy beter gepresteer het as verlede kwartaal.  Dalk is jy bang dat jy hierdie jaar nie die paal gehaal het nie.  As jy egter deur die jaar jou plig gedoen het, is dit nie nodig om hartkloppings te kry nie.

Dit is goed om nie té hoë verwagtinge te hê ten opsigte van jou rapport nie.  A Nielsen het gesê:  “Hoe billiker ons verwagtinge, hoe minder teleurstellings sal ons ervaar.’  Ons kan nie almal toppresteerders wees nie.  In die gelykenis wat jy vandag gelees het, het die een dienskneg vyf muntstukke gekry, die ander een twee en die derde een.  Die eienaar het nie van die dienskneg met die een talent dieselfde terugverwag as van die een wat vyf gekry het nie.  Hy wou net hê dat elkeen sy bes moes doen met wat hy ontvang het.

Wat ook al in jou rapport staan, as jy jou bes gedoen het, sal God én jou ouers tevrede wees.


Here, dankie vir die talente wat U vir my gegee het.  Help my dat ek nie lui sal wees nie, maar elkeen van hulle sal gebruik.


*** Al wat God van my verwag, is om my bes te doen. ***




Nina Smit



  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

Share on Tumblr

Wednesday, 25 November 2015

Die eksamen is verby – aan Pappa God kom al die eer toe! ღ†ღ









Die eksamen is verby – aan Pappa God kom al die eer toe!  


Lees Psalm 66


Kom luister, alle dienaars van God, ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het ... God hét my gebed verhoor!  Die lof kom God toe.  -  PS 66:16, 19-20


In Psalm 66 bring die psalmdigter aan God die eer vir wat Hy vir hom gedoen het en vertel vir die mense hoe God sy gebede verhoor het.


Vandag kan jy dieselfde doen omdat al jou naelskouery toe pure verniet was.  Dit het gladnie so sleg gegaam met die eksamen nie, ook nie met daardie vakke wat jy nie lekker geskryf het nie.  Gerhard Beukes het iets baie waars in sy boek Ek glo  geskryf:  “Ek glo ons swaarste las is die vrees vir dinge wat nooit gebeur nie.  Daarom het ons almal al so duur betaal vir kiste vol sorge wat nooit by ons afgelaai is nie.”


Die eksamen is verby en nou moet jy onthou om vir Gód dankie te sê.  Dit was wat élke dag aan jou sy was, van wie jy krag en kalmte gekry het.  Die eer vir jou sukses kom Hom toe.  Vertel vir jou vriende wat God vir jou in die eksamen beteken het, hoe Hý jou gehelp en versterk het.


Jy kan gerus ook vir jou ouers en vriende ook ‘n dankie-sé brief skryf.  Hulle het mos élke dag hul duime vir jou vasgehou en vir jou gebid.



Here, ek wil U loof en eer omdat U só goed vir my was tydens die eksamen.  Báie dankie vir mense wat vir my duimvasgehou en gebid het.



 Die eer vir my uitslae kom Pappa God toe!  



~ Nina Smit ~



  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!





(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Share on Tumblr

Saturday, 21 November 2015

Hou jou lewe skoon








Hou  jou  lewe  skoon


Lees:  Psalm 119:9-16


Hoe kan ‘n jongmens sy lewe skoon hou?  Deur hom te hou aan u woord!  Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van u gebooie nie.  -  Ps. 119:9-10


Baie jongmense is vandag reeds baie vroeg seksueel aktief, ander rook en drink, besoek disko’s en eksperimenteer selfs met dwelms omdat hulle graag “in” wil wees.  Hulle soek na geluk en aanvaarding op die verkeerde plekke.


Ware geluk is egter om *JESUS* te ken.  As jy Hom ken en as jou Saligmaker aangeneem het, is jy *God se kind* en sy *verteenwoordiger* in die wêreld.  Dáárom moet jy jou lewe skoon hou.


Wanneer jy jou Bybel bestudeer, leer jy wat God van sy kinders verwag, wat verkeerd is en watter soort optrede by ‘n Christen pas.  As jy aan God se beloftes vashou en gehoorsaam is aan sy bevele, sal  jy, soos die psalmdigter, uitvind dat dít vir jou *méér vreugde* sal gee as *AL* die rykdom in die wêreld.


Here, ek wil graag heilig lewe.  Dankie vir my Bybel waarin U my leer hoe om my lewe skoon te hou.  Help my om elke dag aan u beloftes vas te hou en gehoorsaam te wees aan u bevele.


*** God wil hê dat ek my lewe skoon sal hou deur sy Woord te gehoorsaam.



~ Nina Smit ~



  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com












Share on Tumblr

Friday, 13 November 2015

Beskerming









Beskerming


Die Here is my toevlug, vier wie sou ek vrees?  -  Ps. 27:1


Waar ek ookal vandag mag gaan en wat ek ookal mag doen, ek wéét my Heer is mét my om my te beskérm en te onderskraag.  Ek kan nêrens wees waar Hy nié is nie.  Daar is *niks* wat Hy nié kan heel nie – en *géén* uitdaging waardeur Hy my nie véilig kan lei nie!


Die wete dat ek nóóit alleen is nie, vul my met die nodige moed en krag om blýmoedig voort te gaan.  Hy voorsien my van ál die krag wat ek óóit nodig mag hê, van die wysheid en intelligensie om die régte besluite te neem en die móéd en dúrf om dit deur te voer.


As ek in die diépste duisternis is, is my Heer mét my.  Sweef ek oor die hóógste bergtoppe van púre geluk – dan is Hy ook stééds daar by my.  In my smárt en in my vréúgde is Hý die tróúe Vriend aan my sy.  Hy help my om pósitief te bly onder álle omstandighede, en saam met Hóm word elke probleem slegs ‘n gelééntheid om *nóg* nader aan Hom te groei.


Élke oomblik, élke uur, is Hy mét my – vir wié sou ek dan vrees!


Gebed:  Die Here is my toevlug.



Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Share on Tumblr

Thursday, 12 November 2015

Moénie bang wees nie!









Moénie bang wees nie!


Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13 (OV)


Dit is nie nódig vir jou om báng of bekómmerd te wees nie, want kýk, Ek is *áltyd* aan jou sy – Ek hou jou hand *stýf* vas.  Wát ookal met jou mag gebeur, Ek is áltyd daar vir jou, áltyd gereed om jou op énige manier te help en by te staan.  Nóóit is jy én hulle wat vir jou na aan die hart is, alleen nie, want Ék is altyd mét jou én met hulle.


Jy is *ín* My hart, en Ék is in *jóú* hart.  Ontspán en laat Mý toe om jou tóé te vou in die éwige liefde wat van *hart*tot*hart* tussen ons bestaan.  In hiérdie liefde sal jy nóóit alleen óf onveilig voel nie.  Dié liefde wat Ék jou bied is nie soos dié wat die wêreld jou bied nie – dit is ‘n hémelse Liefde wat héél en reinig, en jou beskérm so ver as wát jy gaan.


Neem Mý krag en maak dit jóú éie.  Laat My tóé om jou deur híérdie ervaring te help, en deur énige uitdaging wat jy mag ervaar op jou lewenspad.


Stap sáám met My, vertróú My en maak áltyd, onder álle omstandighede, staat op , en ek sal jou die *rus en vrede* gee wat álle verstand te bowe gaan.


Gebed:  Kýk, ek lei jou op ál jou weë.



Uit Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com









Share on Tumblr

Tuesday, 27 October 2015

To look for something in the wrong place








Too look for something in the wrong place.



One of the saddest things is seeing how young people are looking for love in so many places, because they don’t receive any love at home.  The one sad reality of life is that all parents are not necessarily good parents.  The other reality is that all children deserve good parents.  This is the contradiction of life.  Maybe you are reading this devotion with an incredible thankfulness in your heart because you have parents who are geniunely good to you.  Parents who love you very, very much.  I am glad for you.  And of course, there is nothing stopping you from telling them how mch you appreciate them.


But somewhere there is someone who is reading this devotion and is feeling incredibly down.  Maybe you go through life broken, because your parents aren’t good parents.  What then?


Then, I think, the first thing to do is to admit to yourself that you need love.  And that you may search for love.  But (and this is written in red!)  don’t look for love in the wrong places.  First of all go the God for love.  Only wen you realise that God is not like your parents, but exactly the opposite, you can be healed.  Yes, for your deepest heart’s desires – acceptance, appreciation, love – come from God.  He will give them to you.




Ronell Bezuidenhoud  :  God in your life




  Wonderfully Made / Facebook




Share on Tumblr