Here,
Die
wêreld is so anders noudat ek ‘n tiener is.
Dit voel
vir my asof niemand meer dieselfde is nie – ék ook nie.
Dit is
asof niemand my verstaan nie –
soms
verstaan ek myself nie eens nie!
Ek wens
dat ek vir altyd klein kon bly.
Tog sien
ek ook uit na die grootmenswêreld wat wink.
Ek is
soms verward en hartseer – en net die volgende
oomblik
weer seker van myself en gelukkig.
Ek is
bang vir die nuwe, onbekende dinge en
emosies
wat op my afstorm.
Help my
tog, Here!
Dankie
dat ek kan weet: Met U by my, kan ek my
lewenspad
met vertroue loop.
Amen
Nina Smit
: Elke dag ‘n droom
Jesus se
Dogterkind / Facebook
Poppie Oosthuizen