1 2 3 4

Friday 28 August 2015

Fnuik die eksamenspook!





Fnuik die eksamenspook!


 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God.  Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.  -  Jesaja 41:10


Voor die eksamen:
Dink positief!  Besluit om jou bes te doen.
Sukses vereis altyd harde werk.  Wees bereid om alles in te sit.
Begin dadelik met jou eksamenvoorbereiding en hersiening.  Lees al jou werk noukeurig deur en maak opsommings van die belangrikste feite.
Stel vir jou n eksamenrooster op en moenie vrae spot nie dit werk selde!
Sorg dat jy genoeg slaap kry.
Eet gesond, kry genoeg oefening en ontspan soms.  n Mens kan nie langer as n uur aanmekaar konsentreer nie.


In die eksamenlokaal:
Vra die Here om jou te help, en lees jou vraestelle noukeurig deur.
Maak seker dat jou antwoorde reg genommer is.
Moenie moed verloor as jy een vraestel sleg geskryf het nie.  Probeer volgende keer ekstra hard.
Onthou altyd:  Die Here is by jou en Hy wil jou help.


Vertroue is belangriker as prestasie.  Dit is
belangriker dat ek doen wat U in my wil doen,
sodat ek kan word wat ek volgens u
gedagte en u wil is.
(Jörg Źink)



~ Nina Smit~

Share on Tumblr

Wednesday 26 August 2015

Loof die Here






Loof die Here!


Lees Psalm 50:14-15 en 150


Lof is die offer wat jy aan God moet bring ... Laat alles wat asem haal, die Here prys!  -  Ps 50:14;  150:6


God is groot en almagtig en liefdevol en genadig.  Hy sorg so goed vir ons.  Wanneer ons kyk na alles wat Hy gemaak het en wanneer ons daaraan dink dat Hy ons so innig liefhet dat Hy sy Seun in ons plek laat sterf het, kan ons nie anders nie as om Hom die hele dag lank te loof en te prys nie.  Dit is die eerste bousteen van gebed.

Het  jy God geprys toe jy vanoggend gebid het?  Onthou jy nog om eers ‘n rukkie stil te word en aan die Here te dink en ‘n stukkie in die Bybel te lees voordat jy gebid het?  Wanneer jy aan God en sy liefde vir die wêreld en vir jou dink, sal jy nie anders kan as om vir Hom te sê hoe wonderlik Hy is wanneer jy begin bid nie.  En wanneer jy nie mooi weet hoe om die Here te loof wanneer jy bid nie, lees dan een van die lofpsalms in die Bybel as jou gebed.  Só sal jy sommer gou leer hoe om jou eie woorde te gebruik wanneer jy God wil prys.


(Blaai deur die boek Psalms in die Bybel en kyk hoeveel Psalms jy kan kry waarin die Here geprys word.  Gebruik hierdie Psalms as jou gebede wanneer jy die Here wil loof.)


Gebed:  Here, ek wil U loof en prys omdat U so groot en wonderlik en liefdevol en genadig is.  Ek wil U prys vir alles wat U elke dag vir my doen.  Ek wil U Naam groot maak omdat U my liefhet en ek vir ewig en altyd U kind kan wees.  Amen


Nina Smit  :  Chill-tyd vir Meisies


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



poppieoosthuizen  @  gmail.com

Share on Tumblr

Sunday 23 August 2015

Daughter of a King





Share on Tumblr

Jy is God se kind







Jou glimlag sal my dag ophelder
Jou stil gebed kan my lewe verryk
Ek ervaar jou liefde,
net omdat jy na my luister
Jy is God se kind,
ek hoor Hom deur jou fluister.


~ Lida vd Wel ~

Share on Tumblr

Boustene van Gebed






Boustene van gebed


Lees:  Lukas 11:1-13


“Jesus was êrens op ‘n plek besig om te bid.  Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom:  ‘Here, leer ons bid ...’’  (Luk. 11:1)


Die dissipels het raakgesien dat Jesus baie tyd in gebed deurgebring het.  Toe hulle sien hoe belangrik gebed in hulle Leermeester se lewe is, het hulle Hom gevra om hulle te leer bid.  In antwoord op hulle versoek het Jesus vir hulle die Ons Vader-gebed geleer.

Die werkwoord  leer  vertel vir ons dat gebed meer is as net ‘n klomp gedagtes wat bymekaargesit word.  Elke gebed bevat sekere “boustene” – net soos ‘n muur van stene gebou word.  En net soos ‘n muur steen vir steen gebou word, moet ons ons gebede steen vir steen bou met hierdie “boustene”.

Die Ons Vader-gebed leer ons wat hierdie “boustene” is:  lof, dank, belydenis, voorbidding en versoeke.  Wanneer jy bid, begin deur die Here te loof.  Sê daarna vir Hom dankie vir alles wat Hy vir jou doen en gee.  Bely jou sonde voor Hom.  Onthou om vir ander mense te bid en vra laastens vir die Here die dinge wat jy graag wil hê. In die volgende paar dae gaan ons verder gesels oor hierdie boustene van gebed.


Wenk:  Skryf die vyf boustene van gebed iewers in jou Bybel neer.  Maak seker jy gebruik hulle almal elke keer wanneer jy bid.


Here, leer my om seker te maak my gebede tot U bevat al die boustene van gebed.  Dankie vir die Ons Vader-Gebed wat my leer bid.  Amen


Nina Smit  :  Chill-tyd vir Meisies



  :  Jesus se Dogterkind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

Share on Tumblr

Saturday 22 August 2015

Jesus is my Lewensredder





Share on Tumblr

Meer van U en minder van my





Share on Tumblr




Share on Tumblr

Hoe lank moet jy bid?





Hoe lank moet jy bid?


Lees Matteus 6:7 en Lukas 19:9-14


Wanneer jy bid, moet julle nie soos die heidene ‘n stortvloed van woorde gebruik nie.  Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.  -  Matt. 6:7


Het jy al op jou horlosie gekyk om te sien hoe lank jy bid?  Dit is glad nie nodig om ure lank te bid nie.  Ja, natuurlik kan ‘n mens nooit genoeg met die Here praat nie en jy moenie jou gebedstyd by die Here afskeep nie.  Maar dit is ook waar dat die waarde van ‘n gebed nie afhang van hoe lank dit is of aan die mooi woorde wat ‘n mens gebruik nie.

Wanneer jy met die Here gesels, kan jy maar kort praat en eenvoudige woorde gebruik.  Jy weet mos jou hemelse Vader weet wat jy nodig het nog voordat jy dit vir Hom kan sê.  Hy vra net dat jy met Hom sal gesels.
In die tyd van die Nuwe Testament het die Fariseërs gedink hoe langer hulle kan bid, hoe beter is hulle en hulle gebede.  Hulle het ook op plekke gebid waar al die mense hulle kon sien.  Hierdie soort gebede was nie opreg nie, maar net om ander mense te beïndruk.  Sulke gebede wil God nie hê nie.  Hy wil hê ons moet opreg met Hom praat.


Wenk:  Stel vir jou ‘n gebedslys op.  Bid elke dag oor een saak op jou lys.


Gebed:  Here, ek het ook al lank probeer bid net om my vriende te beïndruk.  Vergewe my.  Dankie dat ek vandag kon leer ‘n opregte gebed hoef nie lank of vol groot woorde te wees nie.  Ek kan maar net met U gesels soos met ‘n vriend.  Amen


Nina Smit:  Chill-tyd vir Meisies


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

Share on Tumblr

Friday 14 August 2015

Jy is die Skepper se Meesterstuk





 “Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.” (Jer 18:6)
“ U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.”  (Ps. 139:13,14)

’n Klompie hengelaars het sowat  ‘n eeu gelede in ‘n kroeg in ‘n dorpie in Skotland gesit en stories vertel oor die “groot” vis wat weggekom het. Een van die mans het beduie hóe gróót die vis is wat weggekom het, en per ongeluk die kelnerin se skinkbord uit haar hande geslaan.  ’n Vol teepot het ’n lelike bruin vlek teen die wit muur gespat. Die herbergier was moedeloos en het gesê dat hy die muur sou moes oorverf.
“Miskien nie, het die vreemdeling aangebied. “Laat ek kyk wat ek kan doen.” Die herbergier het hom maar laat begaan toe hy sy kunstas uithaal en begin om met potlode, kwaste en ’n  paar potjies verf die teevlek in te kleur. Kort voor lank het die bruin teevlek verander in die mooiste takbok met ’n paar reuse horings! Onderaan het die skilder sy naam geteken – Sir Edwin Landseer – ’n beroemde natuurskilder. ’n Ongeluk word ’n meesterstuk!
In GOD se hande sal Hy ook van jou ’n meesterstuk maak, maak nie saak hoe die lewe jou al gevlek of verniel het nie. Elke dag doen God se hande dit oor en oor in jou lewe. Hy kyk net een keer na jou lelike vlekke en begin dan om dit te vorm met Sy liefde. Jy kan dit dalk nie altyd raaksien nie, maar dag na dag is Hy besig met jou en my – sodat ons al hoe meer word soos HY ons wil hê. Ons seer en mislukkings is sy geleenthede om ons in Sy hande soos klei te vorm.
Dalk sien jy net die foute in jou lewe – en ook in ander mense se lewe, raak. Moenie! Laat toe dat GOD jou en ander om jou vorm en skilder met Sy Gees. Hy wil ons al hoe meer laat lyk soos ons Ouboet – soos Jesus! “Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die HERE wat die Gees is.”Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.”(2 Kor 3:18)
Moenie moedeloos word as jy swaarkry of ly nie. GOD weet wat Hy doen – Hy is besig om  jou al hoe mooier te skilder vir die Koninkryk wat kom. Ons sien net die uiterlike dinge raak – Hy werk met ons innerlike gees. Ja, alles werk ten goede mee, vir dié wat Hom lief het. (Rom 8:26)
Hy is die Pottebakker – ons is die klei!

via Gansbaai Courant

Share on Tumblr

Daar is niemand soos God nie.






... daar is niemand soos God nie,
Hy ry deur die hemel
om jou te kom help,
in sy majesteit ry Hy op die wolke.
Die ewige God is ‘n skuilplek,
sy arms is altyd onder jou.
Hy verdryf die vyand voor jou uit ...



Deut. 33:26, 27
Share on Tumblr

God se arms is altyd onder jou .......... ღ





God se arms is altyd onder jou  ..........


Lees:  Deuteronomium 33:27-29


Die magtige, liefdevolle arms van God is áltyd gereed om jou te ondersteun en regop te hou;  ja, om jou oor moeilike en klipperige plekke te dra.  Paulus sê dat hy ‘n dag en ‘n nag op die diep water deurgebring het, nie op ‘n skip nie, maar op die diep blou see.  Die arms van die Heer was onder hom en hy het nie verdrink nie.  Soos ‘n moeder haar swak kindjie dra en as hy sterker word hom aan die handjie lei, maar altyd gereed is om met haar liederyke arms haar dierbare kindjie te ondersteun, as hy in gevaar kom om te val, so wil die Heer Sy ewige arms onder jou hou.  As jy die liefde waardeer en daarop vertrou en versigtig is om dit nie teleur te stel nie, sal jy nooit na onder val en verdrink in die see van sonde nie.


Gebed:  Dierbare Vader in die Hemel, dankie dat  U ewige arms onder my is.  Gee my genade om my geheel-en-al aan U toe te vertrou en nooit U Vaderhart te bedroef nie.  Amen


MJ van Straten / Môredou


  :  Jesus se Dogterkind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





Share on Tumblr