1 2 3 4

Friday 14 August 2015

God se arms is altyd onder jou .......... ღ





God se arms is altyd onder jou  ..........


Lees:  Deuteronomium 33:27-29


Die magtige, liefdevolle arms van God is áltyd gereed om jou te ondersteun en regop te hou;  ja, om jou oor moeilike en klipperige plekke te dra.  Paulus sê dat hy ‘n dag en ‘n nag op die diep water deurgebring het, nie op ‘n skip nie, maar op die diep blou see.  Die arms van die Heer was onder hom en hy het nie verdrink nie.  Soos ‘n moeder haar swak kindjie dra en as hy sterker word hom aan die handjie lei, maar altyd gereed is om met haar liederyke arms haar dierbare kindjie te ondersteun, as hy in gevaar kom om te val, so wil die Heer Sy ewige arms onder jou hou.  As jy die liefde waardeer en daarop vertrou en versigtig is om dit nie teleur te stel nie, sal jy nooit na onder val en verdrink in die see van sonde nie.


Gebed:  Dierbare Vader in die Hemel, dankie dat  U ewige arms onder my is.  Gee my genade om my geheel-en-al aan U toe te vertrou en nooit U Vaderhart te bedroef nie.  Amen


MJ van Straten / Môredou


  :  Jesus se Dogterkind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment