1 2 3 4

Wednesday 26 August 2015

Loof die Here






Loof die Here!


Lees Psalm 50:14-15 en 150


Lof is die offer wat jy aan God moet bring ... Laat alles wat asem haal, die Here prys!  -  Ps 50:14;  150:6


God is groot en almagtig en liefdevol en genadig.  Hy sorg so goed vir ons.  Wanneer ons kyk na alles wat Hy gemaak het en wanneer ons daaraan dink dat Hy ons so innig liefhet dat Hy sy Seun in ons plek laat sterf het, kan ons nie anders nie as om Hom die hele dag lank te loof en te prys nie.  Dit is die eerste bousteen van gebed.

Het  jy God geprys toe jy vanoggend gebid het?  Onthou jy nog om eers ‘n rukkie stil te word en aan die Here te dink en ‘n stukkie in die Bybel te lees voordat jy gebid het?  Wanneer jy aan God en sy liefde vir die wêreld en vir jou dink, sal jy nie anders kan as om vir Hom te sê hoe wonderlik Hy is wanneer jy begin bid nie.  En wanneer jy nie mooi weet hoe om die Here te loof wanneer jy bid nie, lees dan een van die lofpsalms in die Bybel as jou gebed.  Só sal jy sommer gou leer hoe om jou eie woorde te gebruik wanneer jy God wil prys.


(Blaai deur die boek Psalms in die Bybel en kyk hoeveel Psalms jy kan kry waarin die Here geprys word.  Gebruik hierdie Psalms as jou gebede wanneer jy die Here wil loof.)


Gebed:  Here, ek wil U loof en prys omdat U so groot en wonderlik en liefdevol en genadig is.  Ek wil U prys vir alles wat U elke dag vir my doen.  Ek wil U Naam groot maak omdat U my liefhet en ek vir ewig en altyd U kind kan wees.  Amen


Nina Smit  :  Chill-tyd vir Meisies


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



poppieoosthuizen  @  gmail.com

Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment