1 2 3 4

Sunday 23 August 2015

Boustene van Gebed






Boustene van gebed


Lees:  Lukas 11:1-13


“Jesus was êrens op ‘n plek besig om te bid.  Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom:  ‘Here, leer ons bid ...’’  (Luk. 11:1)


Die dissipels het raakgesien dat Jesus baie tyd in gebed deurgebring het.  Toe hulle sien hoe belangrik gebed in hulle Leermeester se lewe is, het hulle Hom gevra om hulle te leer bid.  In antwoord op hulle versoek het Jesus vir hulle die Ons Vader-gebed geleer.

Die werkwoord  leer  vertel vir ons dat gebed meer is as net ‘n klomp gedagtes wat bymekaargesit word.  Elke gebed bevat sekere “boustene” – net soos ‘n muur van stene gebou word.  En net soos ‘n muur steen vir steen gebou word, moet ons ons gebede steen vir steen bou met hierdie “boustene”.

Die Ons Vader-gebed leer ons wat hierdie “boustene” is:  lof, dank, belydenis, voorbidding en versoeke.  Wanneer jy bid, begin deur die Here te loof.  Sê daarna vir Hom dankie vir alles wat Hy vir jou doen en gee.  Bely jou sonde voor Hom.  Onthou om vir ander mense te bid en vra laastens vir die Here die dinge wat jy graag wil hê. In die volgende paar dae gaan ons verder gesels oor hierdie boustene van gebed.


Wenk:  Skryf die vyf boustene van gebed iewers in jou Bybel neer.  Maak seker jy gebruik hulle almal elke keer wanneer jy bid.


Here, leer my om seker te maak my gebede tot U bevat al die boustene van gebed.  Dankie vir die Ons Vader-Gebed wat my leer bid.  Amen


Nina Smit  :  Chill-tyd vir Meisies



  :  Jesus se Dogterkind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment