1 2 3 4

Saturday 22 August 2015

Hoe lank moet jy bid?





Hoe lank moet jy bid?


Lees Matteus 6:7 en Lukas 19:9-14


Wanneer jy bid, moet julle nie soos die heidene ‘n stortvloed van woorde gebruik nie.  Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.  -  Matt. 6:7


Het jy al op jou horlosie gekyk om te sien hoe lank jy bid?  Dit is glad nie nodig om ure lank te bid nie.  Ja, natuurlik kan ‘n mens nooit genoeg met die Here praat nie en jy moenie jou gebedstyd by die Here afskeep nie.  Maar dit is ook waar dat die waarde van ‘n gebed nie afhang van hoe lank dit is of aan die mooi woorde wat ‘n mens gebruik nie.

Wanneer jy met die Here gesels, kan jy maar kort praat en eenvoudige woorde gebruik.  Jy weet mos jou hemelse Vader weet wat jy nodig het nog voordat jy dit vir Hom kan sê.  Hy vra net dat jy met Hom sal gesels.
In die tyd van die Nuwe Testament het die Fariseërs gedink hoe langer hulle kan bid, hoe beter is hulle en hulle gebede.  Hulle het ook op plekke gebid waar al die mense hulle kon sien.  Hierdie soort gebede was nie opreg nie, maar net om ander mense te beïndruk.  Sulke gebede wil God nie hê nie.  Hy wil hê ons moet opreg met Hom praat.


Wenk:  Stel vir jou ‘n gebedslys op.  Bid elke dag oor een saak op jou lys.


Gebed:  Here, ek het ook al lank probeer bid net om my vriende te beïndruk.  Vergewe my.  Dankie dat ek vandag kon leer ‘n opregte gebed hoef nie lank of vol groot woorde te wees nie.  Ek kan maar net met U gesels soos met ‘n vriend.  Amen


Nina Smit:  Chill-tyd vir Meisies


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment