God bly
altyd dieselfde
Lees
Hebreërs 13:7-9
“Jesus
Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Heb. 13:8)
Jy
leef in ‘n wêreld vol tegnologiese wonders – selfone, MXit, GPS, Facebook,
DStv, noem maar op. Hierdie tegnologiese
wonders verstom jou die een dag, en net die volgende dag word dit vervang met
iets nuuts, iets wat nog meer verstommend is.
Daarom is die waarheid waaraan Hebreërs jou herinner dalk vir jou baie
vreemd: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Heb. 13:8).
Maar dit is ‘n waarheid waaraan jy in hierdie nuwe jaar kan vashou: Die Here sal nooit uitgedien raak soos ‘n
tegnologiese wonder nie. Jy sal altyd op
Hom kan staatmaak.
Miskien
hou die nuwe jaar vir jou baie veranderings in.
Dalk gaan julle trek, of miskien gaan jy universiteit, kollege of hoërskool
toe. Dalk maak dit jou bang om te dink
aan al die nuwe en vreemde dinge wat ‘n nuwe jaar kan bring. Of miskien is jy opgewonde oor nuwe
ontdekkings wat jy kan maak. Onthou net
elke dag: Jy kan ALTYD op God vertrou. Hy sal jou vanjaar lei en help, net soos
verlede jaar en ook die jare wat nog kom.
Maak
‘n lys van alles wat vanjaar in jou lewe kan verander. Maak dit jou bang? Maak dit jou opgewonde? Onthou dan:
Jou God bly altyd dieselfde. Jy
kan op Hom te alle tye vertrou.
Here
Jesus, baie dankie dat U nooit verander soos al my tegnologiese gadgets
nie. Dankie dat ek aan die begin van
hierdie nuwe jaar kan vra dat U my hand sal vat en my elke dag sal lei, net
soos in die verlede. Amen
Nina
Smit : Chill Tyd vir Meisies
Jesus se Dogterkind / Facebook
Poppie Oosthuizen
No comments:
Post a Comment