1 2 3 4

Saturday 21 November 2015

Hou jou lewe skoon








Hou  jou  lewe  skoon


Lees:  Psalm 119:9-16


Hoe kan ‘n jongmens sy lewe skoon hou?  Deur hom te hou aan u woord!  Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van u gebooie nie.  -  Ps. 119:9-10


Baie jongmense is vandag reeds baie vroeg seksueel aktief, ander rook en drink, besoek disko’s en eksperimenteer selfs met dwelms omdat hulle graag “in” wil wees.  Hulle soek na geluk en aanvaarding op die verkeerde plekke.


Ware geluk is egter om *JESUS* te ken.  As jy Hom ken en as jou Saligmaker aangeneem het, is jy *God se kind* en sy *verteenwoordiger* in die wêreld.  Dáárom moet jy jou lewe skoon hou.


Wanneer jy jou Bybel bestudeer, leer jy wat God van sy kinders verwag, wat verkeerd is en watter soort optrede by ‘n Christen pas.  As jy aan God se beloftes vashou en gehoorsaam is aan sy bevele, sal  jy, soos die psalmdigter, uitvind dat dít vir jou *méér vreugde* sal gee as *AL* die rykdom in die wêreld.


Here, ek wil graag heilig lewe.  Dankie vir my Bybel waarin U my leer hoe om my lewe skoon te hou.  Help my om elke dag aan u beloftes vas te hou en gehoorsaam te wees aan u bevele.


*** God wil hê dat ek my lewe skoon sal hou deur sy Woord te gehoorsaam.



~ Nina Smit ~



  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com












Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment