1 2 3 4

Friday 27 November 2015

Jy en jou rapport ....... ♡








Jy en jou rapport .......


Lees:  Matteus 25:14-30


Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ‘n ander twee, en vir ‘n derde een.  - Matt 25:15


Wanneer jy jou rapport uit daardie bruin koevert trek, klop jou hart mos met hamerslae.  Jy wonder of jou ouers tevrede gaan wees.  Jy hoop dat jy beter gepresteer het as verlede kwartaal.  Dalk is jy bang dat jy hierdie jaar nie die paal gehaal het nie.  As jy egter deur die jaar jou plig gedoen het, is dit nie nodig om hartkloppings te kry nie.

Dit is goed om nie té hoë verwagtinge te hê ten opsigte van jou rapport nie.  A Nielsen het gesê:  “Hoe billiker ons verwagtinge, hoe minder teleurstellings sal ons ervaar.’  Ons kan nie almal toppresteerders wees nie.  In die gelykenis wat jy vandag gelees het, het die een dienskneg vyf muntstukke gekry, die ander een twee en die derde een.  Die eienaar het nie van die dienskneg met die een talent dieselfde terugverwag as van die een wat vyf gekry het nie.  Hy wou net hê dat elkeen sy bes moes doen met wat hy ontvang het.

Wat ook al in jou rapport staan, as jy jou bes gedoen het, sal God én jou ouers tevrede wees.


Here, dankie vir die talente wat U vir my gegee het.  Help my dat ek nie lui sal wees nie, maar elkeen van hulle sal gebruik.


*** Al wat God van my verwag, is om my bes te doen. ***




Nina Smit



  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment