1 2 3 4

Monday 26 October 2015

God gee *alles*!








God gee *alles*!


Lees Romeine 8:31-35


Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red.  Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?  -  Romeine 8:32


Dit is nie maklik om ‘n ware kind van God te wees nie, want die Here vra dat jy jou hele lewe aan Hom moet oorgee.  Miskien is jy bang om so ‘n totale commitment so vroeg in jou lewe te maak.  Of dalk twyfel jy of jy dit ooit sal kan doen.  Gelukkig vra God nooit iets van ‘n mens wat jy nie vir Hom kan gee nie.  Inteendeel, Hy gee vir jou soveel méér as wat Hy van jou vra.  Hy gee sélfs die lewe van sy enigste Seun prys.  Hy laat Jesus ‘n wrede kruisdood sterf sodat jou sondeskuld betaal kan word.


God gee sy álles vir jou;  en omdat Hy sy Seun oorgelewer het sodat jy gered kon word, sal Hy ook vir jóú alle ander dinge uit genade skenk – só belowe vandag se teksvers vir jou.  Jesus het vir jou die reg verdien om God se kind te wees.  Al wat jy hoef te doen, is om God se genade-aanbod te aanvaar en Hom in jou lewe te nooi as jy dit nog nie gedoen het nie.


Moenie langer wag om jou lewe aan Hom oor te gee nie!


Hemelse Vader, baie dankie dat U alles vir my kom gee het.  Ek wil u genade-aanbod aanvaar – maak my bereid om van nou af voluit vir U te lewe.


*Iemand wat sy alles vir God gee, kry duisend maal meer terug.*




Nina Smit  :  Elke dag ‘n droom




  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)








Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment