1 2 3 4

Monday 19 October 2015

Jy en jou kleredrag








Jy en jou kleredrag


En wat bekommer julle julle oor klere?  Let op hoe groei die veldlelies:  hulle swoeg nie en hulle maak  nie klere nie.  Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.  -  Matt. 6:28-29   (Lees:  Matteus 6:25-34).


Jy en jou ma sit seker soms vas oor jou klere, nè?  As jy jou denims wil dra, reken sy ‘n rok sal meer gepas wees.    Sy is seker ook nooit tevrede met die lengte van jou mini’s nie, of hoe?  Tog weet jou ma dat klere vir jou baie belangriks is.  Sy weet dat jy liewer dood as uit die mode sal wees.  Maar sy het ook ‘n goeie rede waarom sy opmerkings maak oor jou klere.


Wanneer jy iemand in skooldrag sien, weet jy dadelik in watter skool hy/sy is.  Net so behoort ander mense aan jou kleredrag te kan sien dat jy ‘n Christen is.  Dít is die rede waarom jou ma inmeng in jou keuse van klere, waarom sy kla oor daardie lae hals en die té kort romp – sy wéét hoe maklik meisies se kleredrag seuns kan verlei.


Trek dus só aan dat die seuns met skoon gedagtes na jou sal kyk, dat hulle jou as ‘n “troumeisie” sal merk en nie as ‘n “vrymeisie” nie.  Geniet dus gerus jou mooi rok of nuwe langbroek.  Onthou net dat mense aan jou kleredrag moet kan sien aan Wie jy behoort.


Here, help my om só aan te trek dat mense sal kan sien dat ek u kind is.


*Ek moet so aantrek dat my seunsvriende my sal respekteer en dat mense sal kan sien ek is ‘n Christen.*



Nina Smit  :  Dagboek vir Dogters


  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!






Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment