Wat van grimering?
Lees: 1 Petrus 3:3-6
Julle skoonheid moet nie bestaan
in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die
innerlike mens wees: blywende
beskeidenheid en kalmte van gees. - 1 Petrus 3:3-4
Gedurende ‘n mens se tienerjare begin jy
eksperimenteer met grimering, nuwe haarstyle en juwele. ‘n Tiksel grimering doen wondere vir jou
selfvertroue. Maskara kan die wêreld se
verskil maak as jy ligte wimpers het, en blosser en ‘n sagte lipstif kan jou
van ‘n ou valetjie in ‘n fraai meisie verander.
Daar is niks met grimering, ‘n moderne haarstyl of die
dra van juwele verkeerd nie, net solank jy matigheid voor oë hou. Dik aangeplakte grimering, gesofistikeerde
haarstyle of swaar kostuumjuwele pas nie by ‘n vars, jong gesig nie.
Hou jou grimering lig en natuurlik sodat jou vriende sal dink dat jy van
nature so mooi is. Dra liefs fyn, goue of
silwer kettinkies, ringe of oorbelle.
Skoon, blink hare is ook veel mooier as die ingewikkeldste salonkapsel.
God wil hê dat jy pragtig moet wees, maar vir Hom is ‘n
sagte en vriendelike geaardheid die kosbaarste versiersel.
Here, vergewe my dat ek so baie
tyd bestee om myself uiterlik mooi te maak.
Maak my innerlik mooi.
*Die innerlike is vir God
belangriker as die uiterlike.*
~ Nina Smit ~
♡
Jesus se Dogterkind / Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die
stabiliteit van my internet konneksie.
Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen
boodskappe uitgestuur kan word nie.)
No comments:
Post a Comment