1 2 3 4

Thursday 15 October 2015

Wees 'n voorbeeld








Wees ‘n voorbeeld


Lees – 2 Kronieke 6:32-41


Luister ook na die vreemdeling wat nie uit u volk Israel is nie en, omdat hy gehoor het van u groot Naam u mag en krag, selfs uit ‘n ver land kom en na hierdie tempel toe bid (2 Kron 6:32).


In hierdie laaste deel van sy gebed bid Salomo vir die vreemdelinge wat nie deel van God se volk is nie, maar wat ook in die tempel kom aanbid.    Die enigste manier waarop hierdie vreemdelinge, wat nie deel van Israel was nie, van die Here kon hoor, was wanneer die Israeliete vir hulle van God vertel het.  Die Israeliete het dus getuig van God se krag en mag, en die vreemdelinge het uit ‘n ver land gekom om Hom te aanbid.


Daar is baie kinders in jou skool wat die Here nog nie ken nie.  Wil jy nie só lewe dat hulle sal kan sien dat jy ‘n Christen is nie, sodat hulle ook dié Here wat hulle in jou lewe raaksien, sal wil keer ken nie?  Dalk kan jy tyd maak om te gesels met iemand wat nog nie geloofsekerheid het nie.  As jy nie hiervoor kans sien nie, kan jy vir hom/haar bid soos Salomo in sy gebed.


Here,

Ek wil vandag bid vir my vriende wat U nog nie ken nie.  Help my om só te lewe dat hulle ook vir U sal wil leer ken.

Amen



*Deur mý voorbeeld kan ek ander mense motiveer
om ook vir God te kies.*




~Nina Smit ~


Jesus se Dogterkind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment