1 2 3 4

Saturday 10 October 2015

Jy *is* nodig!











Jy is nodig!



Die Here het hulle nodig.  -  Matt. 21:1-3


Dit is wónderlik en bemoédigend vir ‘n persoon wie dalk swak of minderwaardig mag voel, om te weet dat die Héér ‘n eselin met haar vulletjie nodig gehad het, nê?  Jesus het selfs die éénvoudigste en swakste mens nodig, ook vir *jóú*.  Christus het verseker Christelike jongmense nodig.  Dit is tevergeefs dat ouers probeer om reg te leef en die wêreld te verbeter, as die kinders nie in hulle voetspore volg nie.  


Die samelewing het jou nodig om nuttige diens te doen, om die algemene moraal te help verhoog, om toestande te verbeter en die sinkende deel van ons land se mense, wat al moed verloor het in die hedendaagse lewe en toestande, op te hef.


Die kerk het jou nodig om godvrugtig te leef en saam te bid en te werk vir die uitbreiding van God se koninkryk hier op aarde.  Selfs jou getroue bywoning van kerk en jeugbedrywighede het die Heer nodig tot bemoediging van jou voorgangers en as ‘n voorbeeld van ander jongmense.  Die vulletjie moes saam draf om sy moeder gewillig te maak om deur die Heer gebruik te word.  So bemoedig dit ouers ook op die regte weg, as hulle kinders hulle volg soos die klein eselvulletjie in Jesus se tyd, om Hom te dien.



Gebed:  Here Jesus, dankie dat  Ú, grote Koning van hemel en aarde, só nederig was om op ‘n eseltjie te ry en my so te wys, dat U ook ‘n kind vol sonde en gebreke, soos ék, nodig het.  Vorm my soos U wil sodat ek tot seën en diens kan wees vir my geliefdes, naaste, kerk en land.  In U heilige Naam.  Amen





E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Dogterkind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!







Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment