1 2 3 4

Saturday 24 October 2015

Wat van grimering?








Wat van grimering?


Lees:  1 Petrus 3:3-6


Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie.  Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees:  blywende beskeidenheid en kalmte van gees.  -  1 Petrus 3:3-4


Gedurende ‘n mens se tienerjare begin jy eksperimenteer met grimering, nuwe haarstyle en juwele.  ‘n Tiksel grimering doen wondere vir jou selfvertroue.  Maskara kan die wêreld se verskil maak as jy ligte wimpers het, en blosser en ‘n sagte lipstif kan jou van ‘n ou valetjie in ‘n fraai meisie verander.


Daar is niks met grimering, ‘n moderne haarstyl of die dra van juwele verkeerd nie, net solank jy matigheid voor oë hou.  Dik aangeplakte grimering, gesofistikeerde haarstyle of swaar kostuumjuwele pas nie by ‘n vars, jong gesig  nie.  Hou jou grimering lig en natuurlik sodat jou vriende sal dink dat jy van nature so mooi is.  Dra liefs fyn, goue of silwer kettinkies, ringe of oorbelle.  Skoon, blink hare is ook veel mooier as die ingewikkeldste salonkapsel.


God wil hê dat jy pragtig moet wees, maar vir Hom is ‘n sagte en vriendelike geaardheid die kosbaarste versiersel.


Here, vergewe my dat ek so baie tyd bestee om myself uiterlik mooi te maak.  Maak my innerlik mooi.


*Die innerlike is vir God belangriker as die uiterlike.*




~ Nina Smit ~




  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

  


(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)






Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment