1 2 3 4

Thursday 17 September 2015

Dogtertjies








Van lank-se-tyd-af-al *oefen* klein dogtertjies om eendag mamma te kan wees, speel huis-huis onder die kombuistafel met ou gordyne  en is Jesus se heelmooiste prinses! As daar so 'n *dogterjie* klein of groot in jou lewe is .... deel hierdie boodskap dan met haar.



Hoe God Dogtertjies gemaak het


God het elke dogter met besonderse sorg gemaak

‘n Klein skeppingswonder vir ‘n gelukkige ouerpaar.
Vir haar oë wat altyd vonkel het Hy 2 sterre gepluk.

Met die glimlag van ‘n engel bring sy vreugde en geluk.
Sy is gemaak van sonskyn, die kleure van ‘n blom,
van heuning, laventel en roosmaryn: daaruit is sy gevorm.
Toe is sy aarde toe gestuur, tot seën vir haar ouers en vriende hier.

‘n Mensie vol liefde en lewensvreugde vir ons net louter plesier!


*Liefde & Laventel*





Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment