1 2 3 4

Wednesday 23 September 2015

God maak 'n wonderboom vir Jona!







God maak ‘n wonderboom.  -  Jona  4: 5,6  (Ou Vertaling)


Selfs nou nog wanneer Jona nie kon verdra dat God aan ander moet genade bewys nie, laat God die gemene, stout kind nie aan sy lot oor nie.  Die Heer begryp baie goed die teleurstelling in Jona se hart.  Hy het gesê dat die stad in 40 dae sou vergaan.  Hy sit nou en wag dat dit moet gebeur en God spaar die stad!  Hy het nie God se liefde en doel met sy prediking begryp nie.  Maar nóg is God genadig oor Jona.  Hy laat hom nie versmag in die hitte en sonsteek kry in die warm son nie.  Hy het seker al hoofpyn genoeg gehad van al sy inspanning om met oortuiging te preek en nou van sy teleurstelling.  Nee, God laat gou ‘n wonderboompie groei om skaduwee oor Jona te maak.  Ag, hoe verkwikkend was dit net nie!  Hoe heerlik het Jona gerus.  Hoe lekker koel voel hy en sy hoofpyn bedaar sommer.  Hy is bly oor die wonderboom.  Hy voel dat dit iets is wat God spesiaal vir Hom gedoen het en hy neem dit met dank aan, maar nog besef hy nie dat God dieselfde liefde vir ál Sy skepsels het nie!
 

MJ van Straten
Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment