1 2 3 4

Tuesday 1 September 2015

Geloofsekerheid





Geloofsekerheid ............ †


Lees:  1 Joh. 5:1-13


God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun.  Wie die Seun het, het die lewe;  wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.  -  1 Joh. 5:11-12


Twyfel jy soms of jy wérklik ‘n kind van God is?  Miskien het jy aan die begin van jou bekering wonderlike vreugde en sekerheid ervaar.  Jy was werklik ‘n núwe mens, maar algaande het jy weer verkeerd begin optree.  En nou sien jy nie meer die bewyse van die nuwe jý in jou lewe raak nie.  Dít laat jou wonder of jy wérklik nog ‘n Christen is ...

As jý jouself in hierdie beskrywing herken, het ek góéie nuus vir jou:  Jou geloofsekerheid hang nie af van wat jy doen of nie doen nie, maar wel van wat Gód doen.  As jy vir Jesus het, hét jy die ewige lewe.  Van dié dag af toe jy vir Hom já gesê het, is jy sy kind en níks kan jou ooit weer uit sy hand ruk nie.  Jesus het vir jóú sonde aan die kruis duur betaal.  Die Heilige Gees wóón nou in jou en verseker jou dat jy aan God behoort.  En al doen jy soms sonde, kan jy op grond van hierdie feite een honderd persent séker wees dat jy ‘n Christen is.

Here Jesus, soms voel ek só sondig dat ek nie seker kan wees of ek werklik u kind is nie.  Dankie dat my geloofsekerheid nie afhang van wat ék doen nie, maar van wat Ú vir my gedoen het.


Ek behoort aan die Here


~ Nina Smit ~




  :  Jesus se Dogterkind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





poppieoosthuizen  @  gmail.com

Share on Tumblr

No comments:

Post a Comment